28/29 Julie Skagway en Ketchikan
Gister was ons in Skagway en was so verras toe ons met ons stappery dorp toe in een van die strome gesien het hoe die salmon begin met hulle op swem in die strome om eiers te gaan le Hopelik sal dit al hoe meer raak soos ons aangaan tot in September want die vorige kere het ons dit gemis en net hier en daar n vis gesien Kon darem ook fotos neem want laas my ipad op die skip gelos,nie dat liefie sy samewerking gee nie,met dit het ek nog niks vordering gemaak nie!!! Vanoggend in rowwe waters aangekom in Ketchikan,die see rof en baie sterk wind,so geen son vandag nie!! Ek moet alleen rondloop so besluit om net gou in die een sentrum te kom sit sodat ek my blog en fotos kan laai Moet se ons skip het nou nie juis vreeslik gerol nie maar die arme vissers bote het omtrent gerol en af en op in die storm weer gedobber. Die seile wat wapper en die wind wat so huil nie te lekker as jy so op die diep see is nie. More is ons weer oppad na Vancouver en sal Maandag weer daar dok