Die volgende 2 dae het ons Glacier Bay en Hubbards Glacier besoek ,so net op die see gewees Die skip se geskuur teen die ysberge in die water nou nie vir my snaaks nie en maar te bly as ons dit agter laat.Wat wel vir my ongelooflik is is die wete dat die landskap in die area onbewoon is en dit net die natuur is ,geen mense ongerep,prentjie mooi Later die dag is ek na n koek demonstrasie wat eintlik heel oulik was en fun met n mannetjie wat n black forrest koek gemaak het met baie baie drank! Soos hy se nie vir mense onder 18 nie!! 3 mense het deelgeneem,n regte chef,n gas en dan die snaakse mannetjie!! Hulle doen darem baie moeite vir die gaste More is ons in Seward een van my spesiale plekke,dis die verste wat ons opgaan in Alaska en net beautiful💕
Comments
Post a Comment