2 Feb 2018 Cozumel

So gaan die tyd verby en ons is nou al in Feb!!! Het verlede week heerlik in Costa Mia gaan swem maar was nie ideale weer nie,winderig en nie weer vir le op die strand nie ,so ons het net gaan swem
Die weer was die laaste tyd glad nie goed nie en meeste van die dae reen of toegetrek
Het ook die week n hele drama gehad met n reddings poging,is die een aand so net na 8 die aand deur die kaptein ingelig dat hulle n boodskap van die coastguard gekry het van n seiljag wat besig is om te sink met twee manne aanboord,so teen 9 uur sou ons skip by hulle wees en toe moes hulle n reddings boot laat sak met crew om na die seiljag te gaan en die manne te probeer afkry,die ergste was dat die see rof was en met 4/5 m deinings so n gevaarlike operasie maar dank die Here hulle het dit toe reggekry en almal veilig aan boord gekry Net weer besef die see niemand se speelmaat nie en dit in die donker was omtrent scary gewees
Gisternag was liefie weer heel nag besig en glad nie sy bed gesien nie so die se oorjies hang vanoggend
Ook sports in die gym gehad nadat n ou oom op 3 hardloop masjiene geklim het en al drie aan die loop gelos het en dan net na die volgende een verskuif het,neem aan hyt nie geweet hoe hulle werk nie so lekker gelag toe ons die storie aanskou en gedink dalk moet reels ook almal bo 80 uitsluit,hee hee.
Wel tot volgende keer mooi loop xxx

Comments

Popular posts from this blog

22/23 July 2017 Glaciers

1/2 Augustes 2017 @ Sea en Ketchikan