24 July 2017 Seward Alaska

Vroeg vanoggend hierso gedok en lyk maar koud en die wolke lyk reg vir reen gee! Hierdie is die verste wat ons opseil noord en die plek waar ons elke 2 de week dok om gaste af en op te laai.
Liefie was af so ons is laat oggend weg op ons gewone stap roete al langs die see.Eerste stop was waar hulle so pas die visvangs van die oggend afgelaai het en ingeweeg het op die dokke,en dis net visse waar jy kyk en groter ook nog! Dink net hoe lekker sou so n vars vis op die kole geproe het.
Volgende was die motor homes wat so teen die water geparkeer is en hope en hope van hulle,so lyk my ons in high season want ook baie kampeerders.
Die lyk vir my so lekker en die motor homes beslis luuks nie sommer jou gewone karavaan nie.
Toe is dit die veilige hawe van die bib,met lekker stoele en hitte en free wi fi,die koffie moes maar wag vir later
Die stappery in die plekkie is omtrent 10 km ,so beslis my oefening vir die dag ingekry!!

Comments

Popular posts from this blog

22/23 July 2017 Glaciers

1/2 Augustes 2017 @ Sea en Ketchikan