Posts

11 Maart 2018 Miami

Is vandag weer in Miami,en kan nie glo ons laaste week het uiteindelik aangbreek nie! Wel wat n besige en bedrywige tyd le agter die rug en was omtrent woelig met allerhande dinge. Verlede week het ons n medivac gehad,en so dankbaar alles het goed afgeloop,dit was in die middel van die dag en ek kon alles op video neem Dit was vir n ouerige vrou wat n ernstige hartaanval gehad het,ons van baie naby aan Kuba maar hulle het besluit om die US coastguard te kry om haar te kom haal,nogal n gedoente was helikopter moet groot genieg wees om heen en weer te vlieg,en hulle vlieg net tot bo skip en laat sak die toue om pasient en personeel aan boord te kry Regtig uitstekende werk gedoen in baie erge wind en met n skip wat nog stadig beweeg,so al wat leef en beef het dit dopgehou en afgeneem.Terwyl rescue aan die gang is is daar ook n kleiner vliegtuig wat ook al om die skip vlieg en seker net kyk dat alles goed verloop,en al die skip se nood personeel ook op standby net ingeval iets verkee...

18 Feb 2018 Miami

Moet erken ek is die keer baie lui met die blog en dit gaan maar met rukke en stote!! Het in die laaste 2 weke 2 ker gaan uiteet met die mediese span wat baie lekker was,die een aand het ons in n restarant gaan eet waar ons buite op die dek gesit het was heerlik was,wind in die hare en dit terwyl jy warm oesters eet ,was heerlik kan dit beslis aanbeveel Het ook die voorreg gehad om op 2 excurtions te gaan ,een was om die eiland van Roatan te sien en n iguana plaas te besoek met hordes van hulle darem heel mak en onskuldig,moet erken ek was maar skrikkerig vir hulle In Cozumel het ons op n lieflike dag gaan snorkel by die Palancar Reef en die Starfish sanctuary besoek wat ongelooflik was,die water so helder soos swembad water en vir 45 min gesnorkel dit was beslis n highlight van die trip,en toe ons klaar is is ons bederf met n magarita en rum en punch!!! Na n glasie elk het ek besluit nou genoeg gehad😎 Het ook die week spesiale vergunning gekry om die thermo suite op die skip te g...

2 Feb 2018 Cozumel

So gaan die tyd verby en ons is nou al in Feb!!! Het verlede week heerlik in Costa Mia gaan swem maar was nie ideale weer nie,winderig en nie weer vir le op die strand nie ,so ons het net gaan swem Die weer was die laaste tyd glad nie goed nie en meeste van die dae reen of toegetrek Het ook die week n hele drama gehad met n reddings poging,is die een aand so net na 8 die aand deur die kaptein ingelig dat hulle n boodskap van die coastguard gekry het van n seiljag wat besig is om te sink met twee manne aanboord,so teen 9 uur sou ons skip by hulle wees en toe moes hulle n reddings boot laat sak met crew om na die seiljag te gaan en die manne te probeer afkry,die ergste was dat die see rof was en met 4/5 m deinings so n gevaarlike operasie maar dank die Here hulle het dit toe reggekry en almal veilig aan boord gekry Net weer besef die see niemand se speelmaat nie en dit in die donker was omtrent scary gewees Gisternag was liefie weer heel nag besig en glad nie sy bed gesien nie so die ...

19 januarie 2018 Cozumel Mexico

Arme gaste nie n baie goeie week wat die weer betref nie,reen nog heel week en die son bly weg,dink net heeltyd ai as dit maar net huis toe gestuur kan word💕 Die week het ons passasiers gehad wat aan een of ander sekte behoort vir my gelyk na iets soorgelyk aan die Amish mense,my verwonder aan hulle,skat was so 20 mense van verskillende ouderdomme,gewonder hoe hulle die cruise ervaar en beleef,vrouens dra almal kappies ,ouer vrouens sin en jong meisies sin verskil,rokke lyk almal dieselfde en self gemaak net verskillende kleure en hang tot net bo enkels,die mans dra almal kruisbande met n baard en kuifi so reguit gesny,haal my hoed vir hulle af want almal staar of hulle seker al gewoont aan dit. Elke week se afklim in Miami n gedoendte en vat n uur om deur customs te gaan,hulle mos baie tyd,daar sien jy nou dinge dis familie bakleiery en stryery,die wat haastig is en bang hul verpas vlugte   So heel intressant om dop te hou. Ons het die een aand gaan uiteet en dit was nou vir m...

8 Januarie 2018 @Sea

Hier op die skippie gaan dit maar rof met die werkery,dis hartaanvalle,humerus frakture,allergiese reaksies,pneumonie,sellulitis,noem maar op,so jy moet kan vasvat en raakvat,die wat dink dis net seesiek is in vir n groot verassing! Lyk my as mense op vakansie gaan kry hulle hartaanvalle want nog n ou dood net voor ons Sondag in Miami ingeseil het. Ek was alleen in Miami so toe kon ek die winkels invaar en rustig rondkyk maar toe dit by die betaal tyd kom toe is daar n ry wat by die winkel amper uitloop en my tyd min so omtrent gesweet toe ek vir 20 min staan voor ek kan betaal,maar wou die bargains nie prys gee nie so maar bly staan! Die dorp was omtrent aan die gang want daar was n 21 km wedloop aan die gang en n sport byeenkoms in die stadium met duisende mense wat daarheen stroom so gelukkig het ek my stap skoene aan gehad en was ek nie afhanklik vd verkeer nie,want dit was chaos.Stok flou en dood moeg by die port gearriveer na n vinnige stap terug om betyds te wees want n skip ...

Miami 7 Januarie 2018

Vandag weer in Miami na n week vol dinge! Ons vaart verlede week het nie goed begin nie en n arme man van 49 is op oujaarsaand ,net n paar uur nadat hy opgeklim het dood van n hartaanval,het als probeer maar onsuksesvolle resus,so dit het die oujaar nie goed laat eindig nie.Toe word die stomme man op ys gehou vir 7 dae tot ons terug is in Miami☹️ Sy vrou het die 2 de afgeklim en terug gevlieg huis toe,so wat n nagmerrie vaart.Toe vat die dronkies oor en raak so gedrink dat n outjie uitpass op die dokke en gelukkig terug gebring word skip toe voor ons seil anders het hy nou moeilikheid gehad in n plek soos Roatan.Die dronk sessie het hulle n klomp geld uit die sak gejaag want so n man kan maklik braak en aspireer wat weer sy eie gevaar inhou,dink hyt hom nugter  geskrik toe hy die rekening kry vir sy drank sessie😳 Heerlike dag in Costa Maya gehad en kon lekker fotos neem van al die nuwe winkeltjies,baie mooi gedoen,later opgeeindig op n le stoel onder n palm huisie en daar het e...

31 December 2017 Miami

So Christmas has come and gone! The ship is beautiful and looked lovelly in all its Christmas trimmings but not HOME, have decided that Christmas i want to be home with all my family and loved ones,nothing comes close to that💕 Sometimes you need to stand back to really see what you have. Our Christmas dinner was sushi which was delicious and had a fun christmas gifts games evening after 21h00 when the work was done,in the medical centre.Got to bed very late so was not bright eyed and bushy tailed the next morning Our first port of call was Roatan and not great,kan nie eintlik daarso alleen rondloop nie,plek vuil en derde wereld, sal dalk moed he om volgende week in die dorps area rond te loop en fotos neem om te wys wat ek bedoel.so om by die nice plekke uit te kom moet jy taxi vat of op n excurtion gaan en dit beteken weer $$$$ Volgende stop was Harvest Cay privaat eiland en dit is pragtig,daar het ek n lekker swem ingekry en sommer in die vlak water bly lé soos n gestrande walvi...