Miami 7 Januarie 2018

Vandag weer in Miami na n week vol dinge!
Ons vaart verlede week het nie goed begin nie en n arme man van 49 is op oujaarsaand ,net n paar uur nadat hy opgeklim het dood van n hartaanval,het als probeer maar onsuksesvolle resus,so dit het die oujaar nie goed laat eindig nie.Toe word die stomme man op ys gehou vir 7 dae tot ons terug is in Miami☹️
Sy vrou het die 2 de afgeklim en terug gevlieg huis toe,so wat n nagmerrie vaart.Toe vat die dronkies oor en raak so gedrink dat n outjie uitpass op die dokke en gelukkig terug gebring word skip toe voor ons seil anders het hy nou moeilikheid gehad in n plek soos Roatan.Die dronk sessie het hulle n klomp geld uit die sak gejaag want so n man kan maklik braak en aspireer wat weer sy eie gevaar inhou,dink hyt hom nugter  geskrik toe hy die rekening kry vir sy drank sessie😳
Heerlike dag in Costa Maya gehad en kon lekker fotos neem van al die nuwe winkeltjies,baie mooi gedoen,later opgeeindig op n le stoel onder n palm huisie en daar het ek bly le tot dit tyd was vir terugkeer skip toe
In Cozumel het ons plekkie gekry met lekker wifi so ek sal elke week daar uitslaan en my goed aflaai,toe is dit tyd vir geskenke koop want weer tyd vir speletjies aand en moes 6 presente koop vir $20 elk
Kon darem oulike goed kry,hul se jy moet goed koop wat jy wil he en dan soos die game aangaan moet jy probeer om al jou goed terug te kry maar dit werk mos nou nie so nie of moet ek se so maklik is dit nie,saam met dit is dit weer heerlike sushi
Kan nie glo dat dit eintlik koel in Miami is nie,seker die koue van die noorde wat aftrek hierheen
So tot volgende week mooi bly

Comments

Popular posts from this blog

22/23 July 2017 Glaciers

1/2 Augustes 2017 @ Sea en Ketchikan