8 Januarie 2018 @Sea

Hier op die skippie gaan dit maar rof met die werkery,dis hartaanvalle,humerus frakture,allergiese reaksies,pneumonie,sellulitis,noem maar op,so jy moet kan vasvat en raakvat,die wat dink dis net seesiek is in vir n groot verassing!
Lyk my as mense op vakansie gaan kry hulle hartaanvalle want nog n ou dood net voor ons Sondag in Miami ingeseil het.
Ek was alleen in Miami so toe kon ek die winkels invaar en rustig rondkyk maar toe dit by die betaal tyd kom toe is daar n ry wat by die winkel amper uitloop en my tyd min so omtrent gesweet toe ek vir 20 min staan voor ek kan betaal,maar wou die bargains nie prys gee nie so maar bly staan!
Die dorp was omtrent aan die gang want daar was n 21 km wedloop aan die gang en n sport byeenkoms in die stadium met duisende mense wat daarheen stroom so gelukkig het ek my stap skoene aan gehad en was ek nie afhanklik vd verkeer nie,want dit was chaos.Stok flou en dood moeg by die port gearriveer na n vinnige stap terug om betyds te wees want n skip wag v niemand😳

Comments

Popular posts from this blog

22/23 July 2017 Glaciers

1/2 Augustes 2017 @ Sea en Ketchikan