18 Feb 2018 Miami
Moet erken ek is die keer baie lui met die blog en dit gaan maar met rukke en stote!!
Het in die laaste 2 weke 2 ker gaan uiteet met die mediese span wat baie lekker was,die een aand het ons in n restarant gaan eet waar ons buite op die dek gesit het was heerlik was,wind in die hare en dit terwyl jy warm oesters eet ,was heerlik kan dit beslis aanbeveel
Het ook die voorreg gehad om op 2 excurtions te gaan ,een was om die eiland van Roatan te sien en n iguana plaas te besoek met hordes van hulle darem heel mak en onskuldig,moet erken ek was maar skrikkerig vir hulle
In Cozumel het ons op n lieflike dag gaan snorkel by die Palancar Reef en die Starfish sanctuary besoek wat ongelooflik was,die water so helder soos swembad water en vir 45 min gesnorkel dit was beslis n highlight van die trip,en toe ons klaar is is ons bederf met n magarita en rum en punch!!! Na n glasie elk het ek besluit nou genoeg gehad😎
Het ook die week spesiale vergunning gekry om die thermo suite op die skip te gebruik en dit nie laat verby gaan nie, so na my gym sessies is dit die volgende stop! Oor 4 weke is dit weer terug na the real world maar moet erken mis huis en kan nie wag nie,so tot volgende keer mooi loop.

Comments
Post a Comment