Posts

Showing posts from January, 2018

19 januarie 2018 Cozumel Mexico

Arme gaste nie n baie goeie week wat die weer betref nie,reen nog heel week en die son bly weg,dink net heeltyd ai as dit maar net huis toe gestuur kan word💕 Die week het ons passasiers gehad wat aan een of ander sekte behoort vir my gelyk na iets soorgelyk aan die Amish mense,my verwonder aan hulle,skat was so 20 mense van verskillende ouderdomme,gewonder hoe hulle die cruise ervaar en beleef,vrouens dra almal kappies ,ouer vrouens sin en jong meisies sin verskil,rokke lyk almal dieselfde en self gemaak net verskillende kleure en hang tot net bo enkels,die mans dra almal kruisbande met n baard en kuifi so reguit gesny,haal my hoed vir hulle af want almal staar of hulle seker al gewoont aan dit. Elke week se afklim in Miami n gedoendte en vat n uur om deur customs te gaan,hulle mos baie tyd,daar sien jy nou dinge dis familie bakleiery en stryery,die wat haastig is en bang hul verpas vlugte   So heel intressant om dop te hou. Ons het die een aand gaan uiteet en dit was nou vir m...

8 Januarie 2018 @Sea

Hier op die skippie gaan dit maar rof met die werkery,dis hartaanvalle,humerus frakture,allergiese reaksies,pneumonie,sellulitis,noem maar op,so jy moet kan vasvat en raakvat,die wat dink dis net seesiek is in vir n groot verassing! Lyk my as mense op vakansie gaan kry hulle hartaanvalle want nog n ou dood net voor ons Sondag in Miami ingeseil het. Ek was alleen in Miami so toe kon ek die winkels invaar en rustig rondkyk maar toe dit by die betaal tyd kom toe is daar n ry wat by die winkel amper uitloop en my tyd min so omtrent gesweet toe ek vir 20 min staan voor ek kan betaal,maar wou die bargains nie prys gee nie so maar bly staan! Die dorp was omtrent aan die gang want daar was n 21 km wedloop aan die gang en n sport byeenkoms in die stadium met duisende mense wat daarheen stroom so gelukkig het ek my stap skoene aan gehad en was ek nie afhanklik vd verkeer nie,want dit was chaos.Stok flou en dood moeg by die port gearriveer na n vinnige stap terug om betyds te wees want n skip ...

Miami 7 Januarie 2018

Vandag weer in Miami na n week vol dinge! Ons vaart verlede week het nie goed begin nie en n arme man van 49 is op oujaarsaand ,net n paar uur nadat hy opgeklim het dood van n hartaanval,het als probeer maar onsuksesvolle resus,so dit het die oujaar nie goed laat eindig nie.Toe word die stomme man op ys gehou vir 7 dae tot ons terug is in Miami☹️ Sy vrou het die 2 de afgeklim en terug gevlieg huis toe,so wat n nagmerrie vaart.Toe vat die dronkies oor en raak so gedrink dat n outjie uitpass op die dokke en gelukkig terug gebring word skip toe voor ons seil anders het hy nou moeilikheid gehad in n plek soos Roatan.Die dronk sessie het hulle n klomp geld uit die sak gejaag want so n man kan maklik braak en aspireer wat weer sy eie gevaar inhou,dink hyt hom nugter  geskrik toe hy die rekening kry vir sy drank sessie😳 Heerlike dag in Costa Maya gehad en kon lekker fotos neem van al die nuwe winkeltjies,baie mooi gedoen,later opgeeindig op n le stoel onder n palm huisie en daar het e...