22 Desember 2017 In Transit

Wel wat n roller coaster ride! hoor dag voor ek moet vlieg dat skip geoverbook is en dat daar n goeie kans is dat die aanhangsels van die crew dalk nie kan opklim nie.Toe is dit die gewag,en plan b se inligting kry ,as hy dalk in werking moet skop.Het glo 4 ure voor jy vlieg nog tyd om jou kaartjie te verander.
22h00 kry ek toe die nuus dat die getalle verander het en dat ons die groen lig het,wat n verligting en dankbaarheid want het begin dink dat my Caribbean Kersfees saam met liefie nou gaan verander in n Kenton Kersfees wat darem dan saam met die familie is.
Die tydzone verskil is wat dit ook nog moeiliker gemaak het want 5 uur by ons was 10h00 in die
oggend in Miami maar nou ja so gaan dit deesdae met onse mense wat die hele wereld vol besprinkel
is.
Praat van senuwees en opgewerk kan omtrent al n boek skryf oor al ons dingetjies en ervarings.Is 2 en n half ure voor ek moes vlieg al op PE lughawe want laas was dit konsternasie want daar was rye en rye mense en liefie het dit net net gemaak.Ook groot oog want al wat vlug is is vertraag maar gelukkig was myne op tyd,al hak plek was skreeuende passasiers toe ons naby JHB airpockets tref en so n paar valle val,nogal scary,ergste wat ek dit nog beleef het,al sit maar toe oë,klou aan die arm lenings en bid.
In JHB reen dit te lekker en alles is sonpnat,wat n mooi gesig,somer donderstorms op sy best

Alles verloop glad tot ek agterkom ek het nie reg gelees nie en met aanboord gaan tyd agterkom ek is by die verkeerde hek,ek is by 30 en moet by 19 wees!!!! Albei vlugte vlieg Miami toe een 12.25 en die ander 12.35 maar verskillende vlugte, net daar skop histerie in,want ek besef die foutjie kan my 
duur te staan kom en nou gaan ek moet hardloop dat dit bars.
Wel wat n gesig,voel ek hardloop die 100 m alles skud,ruk,skop naderhand my skoene uit en kaalvoet oppad na hek 19 ,teen die tyd brand my bors soos op skool laas,ek kry n kar mannetjie en dink hy sien die benoude vrou  ek hen toe met hom al hygende verder tot duskant hek 19 in my laaste  meters is deure toe vir crew wat eers moet deurkom teen die tyd wil ek nou huil en gelukkig maak hy die deure oop na n minuut of twee,toes  dit weer verder hol,en toe uiteindelik hek 19 met nog passasiers wat in ry staan,wel dis 15 min voor ons vlieg en ek maak dit,vat my n uur om tot bedaring
te kom
Ons vlug vertraag agv nog n passasier wat nie opgedaag het nie en tase moet nou eers afgelaai word!!! Dink net hoe naby ek aan dit gekom het!!



















Comments

Popular posts from this blog

22/23 July 2017 Glaciers

1/2 Augustes 2017 @ Sea en Ketchikan