4 Aug 2017 Skagway
Hier is ons vandag teen die berg vasgedok so geen internet opvangs nie.Dit is die eerste keer dat ons hier vasmeer vandat ek hierheen kom so nuwe goed om te sien!! Het ook n paar winkels en eetplekke wat glo baie lekker crab cakes het,sal dit dalk volgende keer moet probeer!!
Die keer op nuwe roetes gaan stap en was verstom toe ek sien hoe baie salmon hulle opwagting gemaak het sedert verlede week,honderde meer,so het so teen die stroom op rotse gaan sit en my verkyk aan die visse.Net een dooie salmon gekry en geweet volgende week sou n ander storie wees.Wat dit eintlik besonders maak is die lae vlak van die water so jy is reg teen die water en kan hulle so mooi bekyk en dop hou,hulle spat jou eintlik nat as hulle ,hulle sterte klap om vorentoe te beweeg.
Toe is ek weer die dorp in vir fotos neem en draai by die bib.Sien by die een huis waar alles toe staan en niks verander het sedert 2 jaar laas nie,nou wonder ek net is die mense weg of dood want tot die stoel buite en n baie ou tv staan alles net so,presies dieselfde,vreemd.Dalk is die indiaan storie tog waar dat hulle huis net so los want die forest sal hom weer kom vat!!! Sal nog uitvra oor dit .

Comments
Post a Comment