31 Julie 2017 Vancouver
Vandag was ek baie energiek en besluit om weer Stanley Park aan te durf en gestap tot by Lions Gate Bridge maar was dit nou vir jou n gestappery!!! Vir my gevoel soos 20 km maar nou ja die laaste trek was nog bult op maar ek is toe beloon met die mooiste uitsig van bo by Prospect Point,daar het n ou mannetjie die mooiste musiek gemaak met n instrument vir my soos n tipe viool gelyk.Moet bieg met my opstappery het ek niemand in die bos raak geloop nie en nogal gedink hier sal ek ook kan wegraak en waar sal my liewe man my kry!
Toe ek die horse drawn carts sien gedink dis nou n goeie plan tot ek gesien het gaan my $45 kos vir n uur en teen dit besluit.Lyk my die perde karre is ook deel van dinge hierso soos in Central Park in New York.
Wel kan net se was heerlike dag maar was stok flou met terug keer skip toe,skoon bewerig😜Alles het darem glad verloop met my terugkeer skip toe en ons n uur laat weg uit Vancouver, gelukkig het liefie niks met dit te doen gehad nie want ek het dadelik gedink hys betrokke met n moontlike siek persoon

Comments
Post a Comment